ARTIKELS WAT VERBAND HOU MET
HONDE
‘n Franse vrou se lojale Duitse herdershond het haar selfmoordpoging in die wiele gery deur die vuurwapen wat sy wou gebruik, weg te stamp.
'n Duitse Herdershond wie se eienaar dood is, gaan elke dag as die klokke lui na die kerk waar haar begrafnis gehou was.
Beamptes in Taiwan het tydens ‘n klopjag by ‘n slaghuis op 400 gedroogde honde-penisse, testikels en verskeie ander organe beslag gelê.
Wilde honde in 'n natuurreservaat het in die laaste paar dae 'n ma en haar baba, sowel as 'n jong man en meisie, verskeur.
'n Week oue babaseuntjie is in 'n hospitaal in Engeland dood nadat hy deur sy familie se Jack Russell-hond gebyt is.
Die man wat na bewering sy ses weke oue hondjie gebraai het, se aanklag van dieremishandeling is voorwaardelik teruggetrek.
'n Hondehandel-sindikaat is ‘n ernstige knou toegedien toe twee mense by Kaapstad se internasionale lughawe vasgetrek is.
Die polisie in Viëtnam is op soek na 'n man wat na bewering 'n regeringsamptenaar vermoor het nadat hy die amptenaar se hond gesteel het.
‘n Hond wat ‘n rit van 17 km oorleef het nadat hy deur ‘n motor getref en in die sierrooster vasgesit het, is met sy eienaars herenig.
Beamptes in Thailand het sowat 300 honde wat vir die kospotte bestem was naby die grens met Laos gered, het berigte gelui.
Voorvalle van hondsdolheid is aan die toeneem in Suid-Afrika, terwyl mense 'n wanpersepsie van die siekte het, het Netcare Travel Clinics gesê.
‘n Huiseienaar wat ‘n 18-jarige seun van diefstal beskuldig het, het hom onderstebo aan 'n dakbalk gehang en sy hond beveel om hom aan te val.
Interpol in Suid-Afrika het bekend gemaak dat hy saam met Namibië en Angola werk om die beweerde smokkelnet van honde stop te sit.
‘n Dalmasiër het ‘n pasgebore skaaplammetjie met seldsame swart kolle as haar eie aangeneem ná die lam deur sy ma verlaat is.
Agt mense word in die hospital behandel ná hulle deur twee honde aangeval is wat in ‘n straat in Oos-Sussex in Engeland ontsnap het.
Volgende >
Bladsy
1 van
4