ARTIKELS WAT VERBAND HOU MET
ONGELUKKE
Minstens 15 mense is dood nadat 'n bus met 35 passasiers die pad in westelike China verlaat en in 'n vallei afgestort het.
'n Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem ná 'n ongeluk wat die lewe van 'n motoris in Hartebeesfontein geëis het.
Twee mense is dood en agt het ernstige beserings opgedoen toe ‘n vragmotor naby Kroonstad in die Vrystaat teen ‘n taxi gebots het.
Drie mense is dood en een is ernstig beseer in 'n ongeluk op die R27-pad by Melkbosstrand in die Wes-Kaap, het paramedici gesê.
Sewe mense is dood toe drie motors aan die brand geslaan het nadat die voertuie in 'n botsing naby Scottburgh in KwaZulu-Natal betrokke was
Drie mense is in 'n ongeluk in Roodepoort aan die Wes-Rand dood nadat 'n vragmotor en verskeie ander motors in 'n botsing betrokke was.
Twee mense is dood en een is in ‘n kritieke toestand na ‘n ongeluk by ‘n gas-aanleg in Nederland, het 'n woordvoerder gesê.
’n Groot groep mense het op ’n omgeslane vragmotor met varke net buite Badplaas afgestorm, die diere gegryp en met hulle weggehardloop.
Twaalf kinders is in ‘n taxi-ongeluk beseer, terwyl ‘n sesjarige voetganger kritiek is ná sy in ‘n aparte voorval raakgery is.
Altesaam 10 mense is dood en vyf is beseer toe 'n vyfverdiepinggebou in Moembai, Indië inmekaargetuimel het.
Drie mense is dood en 10 ander beseer toe 'n motor van agter teen 'n bakkie in Alberton aan die Oos-Rand gebots het.
Minstens vyf mense is dood en ses is beseer toe ‘n deel van ‘n vierverdieping-gebou in Moembai inmekaargestort het.
Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid sê tien mense het die naweek in twee aparte ongelukke in die provinsie gesterf.
‘n Man is in ‘n kritieke toestand nadat sy motorfiets teen ‘n taxi in Benoni aan die Oos-Rand gebots het, het paramedici gesê.
'n Swanger vrou word vermis nadat sy deur 'n sterk stroom in die Bergrivier naby Piketberg in die Wes-Kaap meegesleur is.
Volgende >
Bladsy
1 van
4