ARTIKELS WAT VERBAND HOU MET
SKANDALE
Boere by ‘n varkplaas in sentraal-China het varkkarkasse glo in ‘n chemiese mengsel opgelos en die oorblyfsels in ‘n rivier gestort.
Drie Chinese boere is in aanhouding nadat hulle die vleis van varke wat weens siektes gevrek het, aan verbruikers verkoop het.
Sowat 900 mense is in China in hegtenis geneem ná hulle onder meer rot en- jakkalsvleis as bees- en skaapvleis verkoop het.
Duisende DNS-toetse op beesvleis-produkte in die Europese Unie het getoon dat dié voedsel tot 5,0% perdevleis bevat.
'n Skandaal wat verband hou met matriekuitslae, is by die Universiteit van Venda oopgevlek en verskeie ander tersiêre instellings kan ook geraak word.
Vier Britse joernaliste en voormalige joernaliste is in hegtenis geneem as deel van ‘n ondersoek na onwettige meeluistering.
Burgers en frikkadelle wat in Portugal verkoop word, bevat glo perdevleis met klein hoeveelhede van ‘n pynstiller vir diere.
Die meubelverskaffer Ikea het nóg vleisprodukte onttrek wat by restaurante by sy afsetpunte beskikbaar is.
Die Nasionale Verbruikerskommissie kan die verkeerde etikettering van vleisprodukte ondersoek, het Phumla Williams, 'n woordvoerder, gesê.
Hongarye het die jongste land geword waar perdevleis in gevriesde voedselprodukte gevind is wat as beesvleis verkoop word.
Die Sweedse meubelreus Ikea het sy frikkadelle uit 24 lande onttrek weens vrese dat die gewilde kossoort perdevleis kan bevat.
Inspekteurs het perdevleis gevind in frikkadelle wat in Swede vervaardig word vir Ikea, die wêreld se grootse meubelhandelaar.
Nuwe aantygings oor die slegte behandeling van perde waarmee in die Amerikas geboer word, het aan die lig gekom.
Die Switserse voedselreus Nestlé het die jongste handelaar geword wat deur Europa se perdevleis-skandaal getref is.
Die presidensie het berigte verwerp dat Dina Pule, minister van kommunikasie, binnekort haar werk kan kwyt wees.
Volgende >
Bladsy
1 van
4