Die babakamer staan reg in die paartjie se huis in Pretoria vir die koms van hul eersteling, maar nou leef hulle met die vrees dat klein Klara-belle dalk nie sal bly leef sodat hulle haar huis toe kan bring nie.
Daar is tekens dat hul eersteling met trisomie 13, ’n seldsame chromosoomafwyking, gebore kan word, en daarmee saam met verskeie mediese probleme soos ’n moontlike hartkwaal of breinskade.
Sy kan selfs by geboorte sterf of net ’n paar dae leef.
In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels die paartjie vir die eerste keer oor die skoknuus wat hul heeltemal onkant gevang het.
Trisomie 13, of Patau-sindroom, is ’n chromosoomafwyking wat by een uit elke 10 000 babas voorkom, sê dr. Helga de Muelenaere, ’n ginekoloog. Dit behels dat ’n baba ’n ekstra chromosoom het, maar daar is verskeie grade van die toestand.
– Lees meer by Huisgenoot.com.
– Volg Nuus24 op Twitter.