Share

Betogers kan Bok-stut se troue ontwrig

Bloemfontein – Die troudag van die Springbokstut Jannie du Plessis kan ontsier word deur ’n massabetoging op die skilderagtige dorpie Clarens.

Du Plessis, ’n dokter, trou vandag met dr. Ronél Malherbe van Krugersdorp. Die twee het mekaar ontmoet toe hulle medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het.

Sowat 600 gaste, onder meer byna die hele Springbokspan en die nuwe Bok-afrigter, Heyneke Meyer, woon die troue by.

Spelers soos Victor Matfield, Juan Smith, Pierre Spies, Heinrich Brüssow, die hele Haaie-span en hul afrigter, John Plumtree, sal ook daar wees.

Lede van die Concerned Citizens het vandag ’n vergadering, waarna hulle die dorp op horings wil neem.

Die ontevrede inwoners wil al die belangstelling vir die troue inspan om hul griewe aan die groot klok te hang.

Inwoners het kort ná Nuwejaar onrus, brandstigting en verwoesting gesaai

Hulle is ontevrede met hul ANC-raadslid, David Lengoabala. Hy is na bewering betrokke by tenderkonkelary, is agterstallig met betalings van munisipale heffings op sy huise en word beskuldig van baantjies vir ANC-boeties.

Die openbare beskermer, adv. Tuli Madonsela, het intussen begin met ’n ondersoek na Lengoabala en tender-ongerymdhede in die Dilhabeng-munisipaliteit.

Lebohang Mokoena van die Concerned Citizens het gesê hulle is moeg vir Lengoabala “wat maak asof Clarens aan hom behoort”.

Lengoabala het op sy beurt gesê bewerings teen hom is kwaadwillige politiekery.

Du Plessis kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 385 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 810 votes
Vote
Rand - Dollar
19.10
+0.3%
Rand - Pound
23.71
+0.5%
Rand - Euro
20.38
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
942.60
-0.8%
Palladium
1,029.00
-0.1%
Gold
2,395.52
+0.7%
Silver
28.60
+1.3%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE