Kaapstad – 'n Musiekstudent van China, Yu Wenxia, is Saterdag in Ordos in Mongolië as Mej. Wêreld gekroon, het
RSG Sondag berig.
Dit is die tweede keer dat Mej. China dié titel losslaan.
Die vorige keer was in 2007, toe Zhang Zilin met die kroon weggestap het.
Die eerste prinses is Sophie Moulds van Wallis en die tweede prinses is Jessica Kahawaty van Australië.
Volg
Nuus24 op Twitter.