Die 32-jarige is buite die Bungalo Bar in hegtenis geneem, het die Mail Online berig.
Beth, wie se regte naam Mary Beth Patterson is, het glo haar skoene in die middel van die pad gegooi en die naam van president Barack Obama gegil toe haar vriende haar in ‘n motor probeer kry het.
“Sy het tot in die middel van die pad geloop, haar skoene en beursie gegooi en Obama, Obama geskree!” het ‘n ooggetuie aan die Willamette Week-koerannt gesê.
Die Standing in the Way of Control-sangeres is later vrygelaat en moet nog ‘n datum kry om in die hof te verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter