Los Angeles – Die sangeres en aktrise Jennifer Lopez het 'n televisieprogram oor haar nuwe kêrel, die danser Casper Smart, aan Oxygen verkoop.
Die
American Idol-beoordelaar het Smart as een van haar choreograwe vir haar opkomende toer aangestel en maak nou 'n realiteitsprogram oor sy werk by haar konserte.
Lopez en Smart is vir die afgelope ses maande reeds 'n paartjie.
Bronne het aan die
New York Post gesê dat die program sal fokus op die paartjie se professionele verhouding en sal Smart wys waar hy met ander dansers op die toer werk om hulle vir die verhoog gereed te kry.
Hoewel dit nie bekend is wat nog uitgesaai gaan word nie, sal Smart seker goed geklee in die reeks voorkom nadat hy onlangs bekendgemaak het dat sedert hy met Lopez uitgaan het hy meer modebewus geword.
Lopez is sedert Julie verlede jaar van haar man, Marc Anthony, vervreem.
–
Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op
Twitter.