Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

John Lennon-skieter doen wéér aansoek om parool

2012-08-18 22:49
Alden – Beamptes sê John Lennon se moordenaar, wat vir die sewende keer aansoek om parool doen, se nuwe parool-verhoor sal binnekort plaasvind.

Linda Foglia, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste in New York, sê Mark David Chapman sal volgende week deur lede van die paroolraad ondervra word.

Sy sê die raad kan teen Donderdag of Vrydag ‘n besluit maak.

Chapman het Lennon in Desember 1980 buite die voormalige lid van The Beatles se woonstel in Manhattan, New York, geskiet.

Hy is in 1981 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig op aanklag van moord gepleit het.

Chapman is in September 2010 vir die sesde keer parool geweier.

Volg Nuus24 op Twitter  
Sapa - AP
Lees meer oor:    john lennon  |  mark david chapman
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover