Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Lady Gaga beplan wêreldtoer

2012-02-10 21:25
Los Angeles – Lady Gaga het kort op die hakke van die popsensasie Madonna ook haar wêreldtoer, The Born This Way Ball, aangekondig.

Die toer sal uit 110 optredes bestaan, en sal op 27 April in Seoel afskop.
 
Sy het op haar Twitterblad 11 van die konserte se liggings bekendgemaak maar nóg aankondigings is glo op pad.
 
Ná Seoel sal Gaga onder meer ook Hong Kong, Japan, Singapoer, Nieu-Seeland, Brisbane, Sydney, Melbourne en Perth besoek.

Dit is nog nie bekend of sy dalk na Suid-Afrika ook sal kom nie.

iafrica.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    lady gaga  |  bekendes
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)