Los Angeles – Die omstrede aktrise Lindsay Lohan is glo ongelukkig met die akteurs wat vir oudisies gegaan het om die rol van Richard Burton in haar nuwe film te vertolk.
Hoewel die verfilming van die film, wat sal fokus op Elizabeth Taylor se romanse met Burton, oor twee weke gaan begin, het die vervaardigers nog nie iemand vir die manlike rol gekies nie en Lohan word hiervoor blameer.
Lohan, wat die rol van Taylor gaan vertolk, wil hê nuwe oudisies moet in Londen gehou word.
"Lindsay het gesê dat nie een van die akteurs die regte persoon vir die rol is nie en sy wil Londen toe gaan om vir 'n moontlike Burton-akteur daar te soek," het 'n bron aan
RadarOnline.com gesê.
"Lindsay is 'n absolute nagmerrie wanneer dit kom by wie Burton moet speel. Sy dink Matthew Settle is te oud vir die rol."
Lindsay se salaris het glo 'n groot gedeelte van die begroting opgeneem wat beteken die Burton-akteur sal op die meeste $200 000 (sowat R1 miljoen) verdien.
"Die vervaardigers het nie Lindsay se toestemming nodig oor wie Richard Burton moet speel nie maar hulle wil haar gelukkig hou."
–
iafrica.
– Volg Nuus24 op
Twitter.