Kaapstad – Die model en
Pasella-aanbieder Minki van der Westhuizen het Vrydag by die Andrew Murray-kerk in 'n sopnat Wellington vir 'n tweede keer voor die kansel gestaan, het plaaslike mediabronne berig.
Van der Westhuizen het in 'n skepping van die Amerikaanse ontwerper Vera Wang ewige trou beloof aan haar nuwe man, Ernst Joubert, voormalige rugbykaptein van die Leeus.
Die twee het mekaar twee jaar gelede op Stellenbosch ontmoet, maar woon tans in Engeland, waar Joubert vir die rugbyklub Saracens speel.
Hulle het in Oktober verlede jaar in Italië verloof geraak, berig
Volksblad.
Van der Westhuizen was voorheen getroud met die Stellenbosse sakeman Constant Visser.
– Lees
hier meer.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.