Los Angeles – Die vervaardigers van
The Simpsons gaan 'n spesiale Olimpiese episode uitsaai.
Die skeppers van die gewilde animasieprogram is besig om in die gees van die 2012 Londense Spele te kom met 'n storielyn wat daarop gebaseer is.
Marge Simpson se tweelingsusters, Patty en Selma, wat kettingrokers is, sal gesien word waar hulle in die Teems-rivier teen die Winklevoss-tweeling, die Amerikaanse roeipaar wat aan die 2008 Beijing Olimpiese Spele deelgeneem het, sal meeding.
Hulle sal tydens die resies verby bekende bakens soos Big Ben, die massiewe kloktoring, en die Britse parlement roei.
–
Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op
Twitter.