Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Robin Gibb se familie beplan gedenkdiens

2012-05-23 21:01
Los Angeles – Die Bee Gees-ster Robin Gibb se familie beplan om vir hom 'n gedenkdiens by die St. Paul-katedraal in Londen te hou.

Daar word verwag dat musieksterre van oor die wêreld heen na Londen sal vlieg om hul laaste eer te betoon.

"Dit sal die grootste gedenkdiens sedert John Lennon se dood wees," het 'n bron aan The Sun koerant gesê.

"Robin se seuns, Spencer en Robin-John, is ook besig om aan idees te werk vir hul pa se gedenkdiens."

Gibb is Sondag na 'n lang stryd met kanker en 'n operasie aan sy ingewande oorlede. Hy was 62 jaar oud.

Die ster se begrafnis sal naby Thame in Oxfordshire gehou word waar hy saam met sy vrou, Dwina, gewoon het.

Bang Showbiz.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    robin gibb  |  bekendes
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)