Share

SA-fliek wen gesogte prys oorsee

Kaapstad – Kort na ‘n uitstekende openingsnaweek by die loket in Suid-Afrika, het die Suid-Afrikaanse romantiese komedie Fanie Fourie's Lobola ‘n gesogte internasionale prys gewen.

Die rolprent het die gehoortoekenning by die 19de Sedona Internasionale Filmfees in Arizona gewen vir die beste komedie.

Die filmfees word van 23 Februarie tot 3 Maart gehou.

Sedona het vanjaar 145 rolprente gewys.

“Om die gehoortoekenning vir beste komedie by Sedona te wen met die vlak van kompetisie wat hier is, is ‘n groot pluimpie vir Fanie Fourie's Lobola,” het die rolprent se vervaardigers, Lance Samuels en Kweku Mandela van Out of Africa Entertainment, gesê.

“Hierdie fees word hoog geag en die gehoortoekenning word beskou as een van die mees gesogte toekennings.”

Dit is die tweede gehoortoekenning wat die rolprent wen, na dit in Februarie by die Jozi-rolprentfees in Johannesburg ook gewen het.

Die skrywer en regisseur Henk Pretorius beskryf sy film as ’n eietydse Suid-Afrikaanse romantiese komedie.

Die karakter Fanie woon saam met sy ma en bou motors in die vorm van Afrikadiere.

Hy word uitgedaag om Dinky Magubane na sy broer se troue te neem. Sy stem in, maar dan moet hy voorgee dat hy haar kêrel is sodat haar tradisionele pa haar nie meer onder druk sal plaas om te trou nie.

Die tweetjies raak egter smoorverlief, tot groot ontsteltenis van hul onderskeie families.

Pretorius is bekend vir die groot treffers Bakgat! en Bakgat! 2.

Fanie Fourie's Lobola het op 1 Maart landswyd in teaters begin wys.

– Volg Nuus24 op Twitter
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 728 votes
No! It's time to move on ...
33% - 366 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
+0.2%
Rand - Pound
23.81
-0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.7%
Platinum
926.10
+0.1%
Palladium
988.50
-0.2%
Gold
2,346.86
+0.6%
Silver
27.69
+1.0%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,031
+0.9%
All Share
74,929
+0.8%
Resource 10
62,800
+1.1%
Industrial 25
103,554
+1.0%
Financial 15
15,849
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE