Bangkok – Altesaam 10 mense is dood en 17 ander beseer nadat 'n toerbus, wat na 'n oordeiland in Thailand onderweg was, se band gebars en teen 'n kragpaal gebots het.
Kol. Suriya Nakkaew, polisiewoordvoerder, het gesê die passasiers was op pad na Koh Samui, 'n gewilde eiland onder inwoners van Thailand se buitelandse toeriste.
Suriya het gesê die ongeluk in die suidelike provinsie van Surat Thani het die lewe van twee Indiërs geëis. Die bestuurder, sowel as die ander oorledenes was van Thailand.
– Volg Nuus24 op
Twitter