Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Afgaanse polisiebeampte skiet vyf kollegas dood

2012-12-24 17:45
Afganistan – 'n Afgaanse polisiebeampte het Maandag vyf van sy kollegas doodgeskiet.

Die skieter, geïdentifiseer as Dur Mohammad, polisiehoof in die noordelike provinsie van Jawzjan, het glo by die Taliban-rebellegroep aangesluit na die dodelike skietery, het die provinsiale polisiehoof, Abdul Aziz Ghairat, gesê.

"Hy het vyf van sy kollegas doodgeskiet waarna hy gevlug en by die Taliban aangesluit het," het Ghairat gesê.

Mohammad en die slagoffers was deel van die Afghan Local Police (ALP), 'n Amerikaanse gemeenskaps polisietaakmag wat Afgaanse dorpe teen Taliban-aanvalle beskerm.

Die voorval kom op dieselfde dag wat 'n vroulike Afgaanse polisiebeampte 'n buitelandse raadgewer in die hoofstad Kaboel doodgeskiet het.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Sapa - AFP
Lees meer oor:    afganistan  |  skietery  |  aanvalle
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)