Die skieter, geïdentifiseer as Dur Mohammad, polisiehoof in die noordelike provinsie van Jawzjan, het glo by die Taliban-rebellegroep aangesluit na die dodelike skietery, het die provinsiale polisiehoof, Abdul Aziz Ghairat, gesê.
"Hy het vyf van sy kollegas doodgeskiet waarna hy gevlug en by die Taliban aangesluit het," het Ghairat gesê.
Mohammad en die slagoffers was deel van die Afghan Local Police (ALP), 'n Amerikaanse gemeenskaps polisietaakmag wat Afgaanse dorpe teen Taliban-aanvalle beskerm.
Die voorval kom op dieselfde dag wat 'n vroulike Afgaanse polisiebeampte 'n buitelandse raadgewer in die hoofstad Kaboel doodgeskiet het.
– Volg Nuus24 op Twitter.