Nuus24

Agt van brandende seiljag gered

2012-08-21 14:35
Rome – Die Italiaanse kuswag het Dinsdag agt Oostenrykse en Russiese bemanningslede van 'n seiljag gered wat deelgeneem het aan 'n wedvaart van Palermo na Montecarlo, ná dit naby Sardinië aan die brand geraak het.

Die Coral, 'n seiljag van 18 m, was ongeveer 10 seemyl wes van die Sardiniese eiland La Maddalena toe dit in die nag aan die brand geslaan en gesink het.

"Die brand het skielik begin en baie vinnig versprei, wat die bemanningslede net genoeg tyd gegee het om die boot te verlaat, om in 'n reddingsboot te spring en 'n noodsein uit te stuur," het die organiseerders van die wedvaart op hul webwerf gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.
AFP
Lees meer oor:    brande
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)