Istanboel – Die Siriese president, Bashar al-Assad, het gesê hy wens Siriese magte het nooit verlede maand 'n Turkse vegvliegtuig afgeskiet nie, berig 'n Turkse koerant.
Al-Assad het gesê hy sal nie toelaat dat die spanning tussen die twee lande in 'n openlike stryd ontaard nie.
"Nadat die vliegtuig afgeskiet is, het ons uitgevind dit behoort aan Turkye. As ons dit net nie afgeskiet het nie," het die president gesê in 'n onderhoud wat Dinsdag in die
Cumhuriyet gepubliseer is.
Dit is nie bekend wanneer die onderhoud gedoen is nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Reuters