Damaskus – Die Siriese staatstelevisie het Dinsdag beeldmateriaal van pres. Bashar al-Assad uitgesaai waar hy in gesprekke is met ‘n top- Iranese gesant, Saeed Jalili.
Dié beeldmateriaal was die eerste video wat sedert 22 Julie van Assad uitgesaai is.
“Assad en Jalali het bilaterale verhoudings tussen sirië en die Islamitiese Republiek van Iran bespreek, sowel as die situasie in die omgewing,” het die televisiekanaal berig.
Die laaste keer wat beeldmateriaal van Assad uitgesaai is, was toe hy die nuwe hoof van gewapende magte, genl. Ali Ayyub, ontvang het nadat ‘n bomaaanval op 18 Julie die lewe van vier top-sekuriteitshoofde geëis het.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AFP