Share

Atleet se geslag bevraagteken ná 'verkragting'

Nieu-Delhi – Die geslag van 'n atleet wat in die Asiese Spele in 2006 'n goue medalje in die vroue-aflos gewen het, word nou bevraagteken.

Dít volg nadat die atleet deur 'n ander vrou van verkragting beskuldig is.

Pinki Pramanik het na bewering 'n vrou, saam met wie sy in die oostelike staat van Wes-Bengaal woon, verkrag. Die vrou beweer Pramanik is 'n man wat beloof het om met haar te trou, maar later geweier het.

"Ons het Pramanik in hegtenis geneem nadat 'n vrou 'n saak van verkragting aanhangig gemaak het," het adj.komm. Subrata Bandyopadhyay aan die Indian Express gesê.

Bandyopadhyay het gesê die klaagster beweer die atleet is 'n man en dat hulle die afgelope paar maande saam woon.

"Ons het die hof genader vir toestemming om mediese toetse te doen om die geslag van die atleet vas te stel en dié versoek is toegestaan."

Pramanik was volgens berigte glo huiwerig om die toetse te doen.

"Ek het verskeie toetse in my loopbaan as atleet ondergaan. Hoekom moet ek instem om nóg belaglike toetse te doen?" het die 26-jarige Pramanik gesê.

Die Atletiekfederasie van Indië wou nie kommentaar lewer nie.

"Ons kan nie kommentaar lewer oor die kwessie totdat ons meer besonderhede het en die amptelike verslae gesien het nie. Ons kantoor sal later reageer," het Manohar Lal Dogra aan AP gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 462 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 1002 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE