Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Barclays se ondervoorsitter sê nee vir toppos

2012-07-23 16:30
Londen – Mike Rake, ondervoorsitter van Barclays, het bekend gemaak hy gaan nie aansoek doen om die beleërde Britse bank se nuwe voorsitter te word nie, ten spyte van bewerings dat hy die hoofkandidaat vir die pos is.

Rake, wat ook die voorsitter is van die easyJet lugdiens, het nie gesê of hy Barclays gaan verlaat nie.

“EasyJet kan bevestig dat Sir Mike Rake die voorsitter van Barclays amptelik ingelig het dat hy nie ‘n kandidaat vir die pos van voorsitter van Barclays wil wees nie,” het die lugdiens in ‘n verklaring gesê.

“EasyJet maak van die geleentheid ook gebruik om sy ondersteuning aan Sir Mike te gee.”

Barclays is op soek na ‘n nuwe voorsitter om vir Marcus Agius te vervang. Agius het vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat hy van plan is om te bedank ná die bank se reputasie ‘n reuse-knou toegedien is weens ‘n rentekoers-skandaal.

Barclays se voormalige uitvoerende hoof, Bob Diamond, en sy hoofbedryfsbeampte, Jerry del Missier, het ook ná die skandaal bedank.

Barclays is onlangs $451 miljoen (sowat R4 miljard) beboet na die bank erken het dat hy probeer het om die Libor en Euribor-koerse tussen 2005 en 2009 te manipuleer.

– Volg Nuus24 op Twitter

AFP
Lees meer oor:    barclays  |  skandale
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)