Oslo – ‘n Noorweegse aanklaer het Vrydag gesê hy is bereid om te aanvaar dat die skieter wat verlede Julie 77 mense in twee aanvalle doodgeskiet het nie krimineel verantwoordelik is nie.
Dit sal gevolglik beteken hy kan in ‘n psigiatriese inrigting, eerder as ‘n tronk, opgesluit word.
Soos dinge nou staan sal Anders Behring Breivik verhoor word as iemand wat krimineel kranksinnig is, het die staatsaanklaer gesê.
Nietemin het hy beklemtoon dat sy posisie kan verander as nuwe inligting oor die 33-jarige se geestestoestand uitkom.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AFP