Share

Breivik word formeel aangekla

Oslo – Noorweegse aanklaers het Anders Behring Breivik Woensdag formeel van terreurdade aangekla, meer as sewe maande nadat hy skuld erken het op aanvalle wat die lewens van 77 mense tydens ‘n bomaanval en skietery geëis het.

Soos wat verwag is, het aanklaers die 33-jarige regse ekstremis onder ‘n paragraaf in Noorweë se teenterreur-wet aangekla wat verwys na gewelddadige dade wat daarop gemik is om sleutelfunksies van die regering te ontwrig of om vrees in die samelewing te versprei.

Breivik het erken dat hy die aanvalle op 22 Julie geloods het, maar ontken kriminele skuld. Hy verwys na die slagoffers as “verraaiers” omdat hulle immigrasiebeleide aanvaar het wat hy beweer die oorsaak sal wees van Islamitiese kolonisering van Noorweë.

Agt mense is dood toe ‘n bom in Oslo ontplof het en nog 69 mense is dood in ‘n skietery op Utoya-eiland buite die hoofstad, waar die jeugliga van die Arbeidersparty ‘n jaarlikse somerkamp gehou het.

Die aanklaer Inga Bejer Engh het gesê 34 van die slagoffers by Utoya was tussen 14 en 17 jaar oud, 22 was tussen die ouderdomme van 18 en 20 en ses was tussen 21 en 25 jaar oud. Sewe slagoffers was ouer as 25.

Sy het bygevoeg dat 67 as gevolg van skietwonde dood is en twee is dood nadat hulle geval of verdrink het.

Altesaam 33 mense is deur koeëls beseer, maar het oorleef.

Die terreur-aanklagte het ‘n maksimum straf van 21 jaar in die tronk, maar aanklaers het aangedui dat hulle Breivik as kranksinnig sien en hulle sal aanvoer dat hy by ‘n psigiatriese inrigting, eerder as ‘n tronk, opgeneem word.

– Volg Nuus24 op Twitter

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
50% - 1 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
50% - 1 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE