Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Chinese diplomaat vlug uit Japan

2012-05-29 10:45
Tokio – 'n Diplomaat by die Chinese ambassade in Tokio het uit Japan gevlug te midde van bewerings dat hy gesoek word vir ondervraging oor moontlike spioenasie, is Dinsdag berig.

Die 45-jarige eerste sekretaris by die ambassade het geweier om homself aan die polisie oor te gee en het die land verlaat, berig Kyodo News.

Die polisie in Japan glo dat die man, 'n voormalige lid van Beijing se intelligensiediens, geld van Japannese maatskappye ontvang het in ruil vir inligting. Dít word deur die Weense konvensie oor diplomatieke verhoudings verbied.

Die man, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, het na bewering ook gereeld kontak met Japannese wetmakers gehad.

– Volg Nuus24 op Twitter
SAPA
Lees meer oor:    china  |  japan  |  spioenasie
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)