Share

Cleveland: Verdagte verskyn vir ontvoering, verkragting

Cleveland – Aanklagte van ontvoering en verkragting sal aanhangig gemaak word teen Ariel Castro (52), eienaar van die huis waarin drie jong vroue en 'n kind gevind is nadat die vroue ongeveer 'n dekade gelede vermis geraak het.

Castro sal Donderdag sy eerste hofverskyning maak. Hy sal teregstaan op vier aanklagte van ontvoering en drie van verkragting. Een van die ontvoer-klagte hou verband met die sesjarige dogtertjie wat ook in die huis gevind is. Sy is tydens haar ma se aanhouding gebore.

Castro se twee broers is ook deur die polisie ondervra, maar slegs hy sal in hierdie stadium aangekla word.

Brian Cummins, 'n raadslid in die gebied, het gesê baie van die besonderhede rakende die saak is nog onduidelik, insluitend die aantal swangerskappe en wat tot die miskrame aanleiding gegee het.

Hy het gesê die vroue is lank in die huis se onvoltooide kelder aangehou, sonder dat hulle toegang tot die res van die huis gehad het. Hulle is na bewering met kettings en toue vasgemaak.

"Dit klink nogal grusaam," het Cummins gesê.

Intussen is twee van die drie vroue wat vandeesweek gered is, met hulle families herenig. Die derde slagoffer is steeds in 'n hospitaal.

Amanda Berry (27), haar 6-jarige dogter en Gina DeJesus (23) is Woensdag met hulle families herenig. Berry het egter nie die media se vrae beantwoord nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 295 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 421 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
-0.4%
Rand - Pound
23.99
-0.4%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Platinum
904.37
+0.8%
Palladium
1,014.65
+1.3%
Gold
2,209.01
+0.7%
Silver
24.67
+0.1%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,311
+0.9%
All Share
74,499
+0.8%
Resource 10
57,075
+2.5%
Industrial 25
104,076
+0.8%
Financial 15
16,473
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE