New York – Die polisie in New York het gesê 'n sesjarige meisie is uit 'n meer gered waar sy aan die liggaam van 'n lewelose vrou geklou het.
Volgens ooggetuies is die dogterjie vroeër opgemerk toe sy en die vrou saam die water ingeloop het.
New York se departement van omgewingsbeskerming het die oorledene as die 59-jarige Pamela Kaner geïdentifiseer.
'n Woordvoerder vir die polisie, Carter Strickland, het gesê amptenare het die polisie Maandag van 'n moontlike verdrinking in kennis gestel.
Twee mans en 'n vrou in 'n roeiboot het die kind en die lyk in die middel van die Putnam-meer Maandagmiddag omstreeks 17:00 raakgesien.
Die dogtertjie het om hulp geroep.
'n Nadoodse ondersoek sal op die vrou uitgevoer word.
Die
Journal News het berig dat die vrou 'n vriend van die meisie se ma was.
Volg
Nuus24 op Twitter.
AP