Bagdad – Drie mense is dood en minstens 10 is beseer toe ‘n bom Woensdag naby ‘n bus ontplof het wat Libanese pelgrims na ‘n Sunni-gebied in die weste van Irak vervoer het, het die polisie en medici gesê.
“’n Bom het langs die pad in die Khamsat Kilo-streek ontplof terwyl ‘n bus met Libanese pelgrims... verby gery het op die hoofweg. Drie van hulle is dood en 10 is beseer,” het ‘n luitenant van die Anbar provinsiale polisiediens gesê.
‘n Mediese bron by ‘n lykshuis in Ramadi het die dodetal bevestig, maar sê 11 mense – ses vroue en vyf mans – is in die aanval beseer.
Volgens ‘n luitenant-kolonel van die Ramadi-polisiediens was daar sowat 40 Libanese pelgrims op die bus.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AFP