Share

Europa steun SA se boere

Den Haag – Die Europese Parlement het die plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel.

Drie regse lede van die parlement het die voortou vir die verklaring geneem.

Hulle is Philip Claeys van die Vlaams Belang (België), Aldreas Mölzer van die Vrye Party van Oostenryk (FPÖ) en Fiorello Provero van die Lega Nord (Italië).

Wat egter vir Suid-Afrika van groot belang is, is dat dit breë steun oor die meeste politieke grense heen gekry het. Dit is onderteken deur 48 lede van 19 lidstate.

Onder hulle is liberale, Christen-demokrate, sosialiste, konserwatiewe, onafhanklikes en selfs ’n lid van die kommunistiese koukus. Die Groenes was die enigste koukus waar niemand dit wou teken nie.

In die verklaring word gewys op die stelselmatige karakter van die aanvalle op die wit boere. Die Suid-Afrikaanse regering word versoek om dringende maatreëls te tref om die boere se veiligheid te verbeter.

Een van die ondertekenaars, Derk Jan Eppink – ’n Nederlander wat namens Vlaamse kiesers in die Europese Parlement sit – het aan Beeld verduidelik hy het dit gedoen omdat die plaasmoorde in Suid-Afrika veels te min aandag in die Europese media kry.

“Baie mense dink dit sal wel die boere se eie skuld wees omdat hulle hul werkers mishandel. Dit is nie die geval nie; die meeste behandel hulle goed en stuur selfs die kinders skool toe.

“Die morele verontwaardiging in Europa oor byvoorbeeld die lot van die Brasiliaanse Indiane is veel groter as dié oor die plaasmoorde in Suid-Afrika. Dit moet end kry.”

Eppink het gesê dis goed dat die verklaring oor so ’n breë politieke spektrum gesteun is. “Ek hoop dat die verklaring ook die grondslag vir die betrekkinge tussen die Europese Unie en Suid-Afrika kan word.” 

Volg Nuus24 op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 355 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 489 votes
Vote
Rand - Dollar
18.93
-0.1%
Rand - Pound
23.90
-0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Platinum
904.58
+0.9%
Palladium
1,012.82
+1.1%
Gold
2,218.03
+1.1%
Silver
24.80
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE