Share

Haai-aanval: Vrou kry nuus per SMS

Londen – Die vrou van ‘n man wat in Nieu-Seeland in ‘n haai-aanval dood is, is per SMS van die aanval ingelig terwyl sy naby die strand koffie gedrink het, het Sky News berig.

Meg Strange was saam met ‘n vriendin by ‘n kafee naby Muriwai-strand in die weste van Auckland toe hulle gehoor het daar was ‘n haai-aanval in die omgewing, het die New Zealand Herald berig.

Mev. Strange het haar man, Adam, probeer kontak. Sy het gedink hy is op die strand nadat hy geswem het.

Sy het geen antwoord gekry nie en haar vriendin het ‘n SMS aan Tim Jago, voorsitter van die Muriwai-lewensreddingsdiens, gestuur.

“Ek het die SMS gekry wat sê ‘Ek hoor daar was ‘n haai-aanval’,” het Jago aan die Herald gesê.

“Ek het geantwoord, ‘Ja, ek is nou op die strand.’ Sy het gesê, ‘Ek drink koffie saam met Meg. Sy kry nie vir Adam in die hande nie.’

“En ek moes ‘n SMS terugstuur wat sê, ‘Dit was Adam.’ Dit is hoe vinnig dit gebeur het.”

Mev. Strange het Donderdag teruggekeer na Muriwai-strand vir ‘n gedenkdiens vir haar man, ‘n pa van twee.

– Lees meer hier.

– Volg Nuus24 op Twitter

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 565 votes
No! It's time to move on ...
34% - 291 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.0%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.43
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
931.40
+0.6%
Palladium
996.00
+0.6%
Gold
2,336.11
+0.2%
Silver
27.56
+0.5%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE