Tokio – ‘n Brand het ‘n 250 jaar oue houttempel in Japan in puin gelê, het die polisie Vrydag gesê.
Die Tokumanji-tempel, wat diep in die Nagano-bergreeks geleë is, is deur 'n brand vernietig wat Donderdagaand ontstaan het.
Die brand het glo by een van die priesters se huise ontstaan en het toe versprei en die tempel vernietig.
Niemand is in die brand beseer nie.
Die tempel, wat in 1755 gebou is, is een van die min geboue in die gebied wat nie in 'n groot aarbewing in 1847 vernietig is nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.