Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Hof beslis teen Suu Kyi oor familiewoning

2012-06-25 09:44
Yangon – 'n Hof in Yangon het beslis dat die vervreemde broer van Aung San Suu Kyi, die demokrasie-ikoon van Mianmar,  mede-eienaarskap van die huis moet kry waar sy 15 jaar onder huisarres deurgebring het, het haar prokureur Maandag gesê.

Suu Kyi en haar ouer broer, U Aung San Oo, is sedert 2000 in 'n regsgeding oor die eiendom in Yangon gewikkel. U Aung San Oo het Aung San Suu Kyi vir 'n aandeel in die huis, wat aan hul pa, genl. Aung San behoort het, gedagvaar.

Die hof het Vrydag 'n vorige bevinding omgekeer en hom die helfte van die eienaarskap van die huis toegestaan.

Suu Kyi se prokureur, U Nyan Win, het Maandag gesê haar kliënt gaan teen die bevinding appèl aanteken op gronde dat Aung San Oo 'n Amerikaanse burger is en Mianmar se wet verbied buitelanders om grond te besit.

Suu Kyi se enigste oorlewende familielid woon sedert 1973 in Amerika.

– Volg Nuus24 op Twitter.
       
Sapa-DPA
Lees meer oor:    aung san suu kyi  |  yangon  |  hof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)