Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Irak: 13 dood in vier bomontploffings

2012-01-25 12:20
Bagdad – Minstens dertien mense is Dinsdag dood en 62 ander beseer ná ‘n reeks van vier motorbomontploffings in Bagdad se Sadr Stad-omgewing in Irak, het BBC News berig.

Agt mense is dood toe ‘n bom naby ‘n groep werkers ontplof het. Minute later is nóg twee mense dood toe ‘n bom 3 km verder ontplof het.

Later het bomme in Shula en Hurriya ontplof waartydens drie dood is.

Bomaanvalle in Irak kom die afgelope ruk al hoe meer voor sedert Amerikaanse troepe verlede maand die land verlaat het. Sedertdien is sowat 170 mense in dié land dood.

– Lees die volledige artikel op BBC News.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 
Lees meer oor:    irak  |  motorbomme
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)