Bagdad – ‘n Rits aanvalle in Bagdad en in die noorde van die hoofstad, het reeds die lewe van 89 mense geëis, het mediese beamptes in ‘n opgedateerde verslag van vroeëre aanvalle bekend gemaak.
Altesaam 140 mense is gewond in die skietery en ontploffings in talle aanvalle regoor die hoofstad.
Die dodelikste aanval het in die dorp Taji, net noord van Bagdad, plaasgevind.
Dié aanvalle volg op Sondag se ontploffings waarin 17 mense dood is.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AFP