Dublin – Die Israeliese ambassade in Dublin is Dinsdag ontruim nadat 'n verdagte pakkie in die gebou ontdek is.
Die polisie en die weermag is intussen ontbied om die voorval te hanteer.
"Die gebou is ontruim en die omgewing rondom dit is afgesper," het 'n woordvoerder vir die Ierse Garda-polisie gesê.
"Die verdagte pakkie is vanoggend (Dinsdagoggend) net voor 11:00 aangemeld."
"Die Ierse verdedigingsmag is op die toneel en is besig om die voorval te hanteer."
Die ambassade is in die Ballsbridge-omgewing in die suidooste van Dublin geleë.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
AFP