Sydney – 'n Dief, wat hom soos Vader Kersfees aangetrek het, het op een van die besigste dae van die jaar geld uit 'n winkelsentrum se kluis in Sydney gesteel, het die Australiese polisie Maandag gesê.
Kringtelevisiekameras wys hoe die man Sondag 'n trollie met 'n rooi sak in 'n besige winkelsentrum stoot.
Volgens die polisie was die winkel waar hy die kluis gesteel het gesluit vir die dag.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa-DPA