Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Leiers wat menseregte oortree 'onwelkom' by Spele

2012-05-23 22:03
Londen – Brittanje sal leiers wat skuldig is aan oortredings van menseregte verbied om na die land te reis vir die 2012 Olimpiese Spele in Londen.

Jeremy Browne, die minister van buitelandse sake, het Woensdag aan wetgewers gesê mense wat met sulke misdade verbind word, sal nie in die land toegelaat word nie. Dit sal geld in gevalle waar daar geloofwaardige en onafhanklike bewyse van sulke oortredings is.

Browne het in ‘n geskrewe verklaring bygevoeg dat enigiemand wat onderhewig is aan 'n Europese Unie- of VN-reisverbod nie welkom sal wees nie.

Sy kommentaar volg nadat die president van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, gesê het hy wil graag die Olimpiese Spele bywoon, maar Brittanje wil hom nie daar toelaat nie.

Ahmadinejad het glo gesê hy wens hy kan “langs Irannese atlete wees,” maar die Britte is huiwerig om hom toe te laat, het die IRNA-nuusagentskap gesê.

Die Olimpiese Spele duur van 27 Julie tot 12 Augustus.

– Volg Nuus24 op Twitter

  Sapa - AP
Lees meer oor:    londen  |  olimpiese spele
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)