Wellington – ‘n Man van Auckland is Vrydag skuldig bevind nadat hy ‘n kinder-sekstoer na Thailand gereël het, in ‘n saak wat die eerste van sy soort in Nieu-Seeland was.
Volgens die polisie is die 47-jarige man, wie se identiteit nie bekendgemaak is nie, verlede jaar tydens ‘n geheime operasie in hegtenis geneem toe ‘n polisieman homself as ‘n potensiële kliënt voorgedoen het.
Die man is in die hooggeregshof in Auckland skuldig bevind op aanklagte dat hy ‘n minderjarige sekstoer gereël het, maar hy is onskuldig bevind op ‘n aanklag dat hy die toer bemark het, het die polisie gesê.
Hy kan tronkstraf van tot sewe jaar opgelê word.
Aanklaers het aan die hof gesê dat die geheime polisiebeampte die man deur ‘n webwerf gekontak het wat toere na Thailand aanbied vir mense wat seks met jong seuns wil hê.
Die man het glo ‘n reis na Thailand gereël vir hom en die beampte en het ooreengekom om minderjarige seuns vir die dade te voorsien.
Hy is in hegtenis geneem voordat die toer afgeskop het.
Die speurder, John Michael, het gesê die twee jaar lange ondersoek, wat verskeie polisieagentskappe en die Nieu-Seelandse doeane-agentskap ingesluit het, dui daarop dat amptenare vasberade is om die uitbuiting van kinders te verhoed.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AFP