Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Man tronk toe oor ateïs-uitlating op Facebook

2012-06-15 08:45
Djakarta – 'n Hof in Indonesië het 'n man tot twee en 'n half jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op die sosiale netwerk Facebook verklaar het dat hy 'n ateïs is.

Die 32-jarige Alexander Aan is skuldig bevind op aanklag van godslastering teen die Islam-geloof en dat hy die profeet Mohammed op 'n die Facebook-groep, Ateis Minang, beledig het. Aan is die administrateur van dié Facebook-groep.

Aan het die beslissing aanvaar en gesê "geloof is 'n persoonlike kwessie en ek het my spyt en verskoning aan elke party, insluitend my familie, uitgespreek", berig die Jakarta Post .

Indonesië is 'n sekulêre land met die grootste Moslem-bevolking ter wêreld.

– Volg Nuus24 op Twitter
SAPA
Lees meer oor:    indonesië  |  facebook  |  geloof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)