Nuus24

Man vas wat 13 000 voëls gevang het

2011-03-04 18:00
Stokholm – ‘n Sweedse man word daarvan aangekla dat hy mer as 13 000 wilde voëls oor ‘n tydperk van vyf jaar gevang het.

Baie van die voëls wat hy gevang het is bedreig.

Die polisie het op ‘n anonieme wenk gereageer en die man se huis in die noorde van Sweede deursoek.

Hulle het honderde aangehoude voëls op die eiendom gevind, sowel as ‘n verskeidenheid voëleiers en vere.

Die man het blykbaar nette en strikke gebruik om die voëls te vang en het eiers en babavoëltjies uit neste gesteel.

Party van die voëls het hy weer laat gaan, maar die res het hy in hokke aangehou.

Daar was blykbaar verskeie uil-spesies, valke, houtkappers, ‘n swaan en ‘n klomp kraaie op die eiendom.

Sy databasis van watse voëls hy sedert 2005 gevang het, sal as bewyse teen hom dien.

Die aanklaer wil graag sien dat die man ten minste twee jaar agter tralies sit.

Volg Nuus24 op Twitter.

SAPA
Lees meer oor:    swede  |  voëls  |  wildbewaring
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)