Bosnië – 'n Duitse meisie is deur die polisie in Bosnië gered nadat sy glo vir agt jaar deur 'n paartjie aangehou en gedwing is om varkvoer te eet en 'n perdekar te trek.
'n Buurman wat die polisie ingelig het, het aan
AFP gesê hy het gesien hoe die paartjie die meisie, wat nou 19 is, soos 'n dier behandel.
Milenko en Slavojka Marinkovic is by hul huis in 'n dorp in die noordwestelike Tuzla-streek gearresteer nadat die polisie vroeër vandeesmaand 'n wenk van die buurman, Sead Makalic, ontvang het.
"Hulle het haar toegesluit gehou en sy het geen kontak met ander mense gehad nie. Sy het ook nie skool toe gegaan nie," het Admir Arnautovic, 'n polisiewoordvoerder, aan
FTV-televisie gesê.
Die paartjie is op 17 Mei gearresteer, maar die polisie het Sondag gesê hulle kan nie verdere inligting oor die saak bekendmaak nie, terwyl staatsaanklaers nie beskikbaar vir kommentaar was nie.
Die meisie, wie se naam nie deur die polisie bekendgemaak is nie, is in 'n plek van veiligheid geplaas en ontvang mediese behandeling, het ondersoekbeamptes aan
FTV gesê.
– Lees
hier die volledige berig.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
AFP