Share

'Mense-safari’s' in Indië skok

Port Blair – Indië het Donderdag beveel ’n toeroperateur moet in hegtenis geneem word vir die bestuur van ’n “mense-safari” nadat ’n video die lig gesien het wat wys hoe die polisie halfkaal vroue van ’n klein eiland­stam dwing om vir kos te dans.

Die Britse koerant The Observer het die video verlede week uitgereik. Dit wys hoe vroue van die Jarawa-stam op die Andaman-eilande in die Indiese Oseaan op ’n oerwoudpad sing en dans. ’n Polisieman buite die kamerabeeld sê aan hulle: “Dans vir my ...dans nou.”

Die owerhede probeer die identiteit van die persoon wat die video opgeneem het, vasstel. Maar daar was nog nie daadwerklike optrede nie, het ’n polisiebeampte in dié hoofstad gesê.

Die voorval het Indiese menseregtegroepe en die media se verontwaardiging ontketen. Hulle het gesê sulke gebruike is algemeen op die eilande ondanks wette om die Jarawa teen kontak met die buitewêreld te beskerm.

Palaniappan Chidambaram, Indië se minister van binnelandse sake, het gesê: “Ek het die Andaman en Nicobar se administrasie beveel om die betrokke video-opnemer en toeroperateur aan te hou en te ondervra.”

Hy het gesê die video is vir ontleding gestuur, maar is dalk drie tot vier jaar oud.

Die groep van sowat 570 Andaman- en Nicobar-eilande behoort aan Indië en is die tuiste van stamme wat al duisende jare daar woon.

“Dit gebeur al ’n lang tyd. Die administrasie het stappe gedoen om sulke mense-safari’s hok te slaan, maar daar is nog nie genoeg gedoen nie,” het Sophie Grig van Oorlewing Internasionaal – ’n groep wat stamregte verdedig – gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

– Reuters
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 219 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 466 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.4%
Rand - Pound
23.93
-0.4%
Rand - Euro
20.48
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.34
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
949.60
-0.1%
Palladium
1,023.50
-0.6%
Gold
2,383.16
+0.2%
Silver
28.34
+0.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
66,671
-0.8%
All Share
72,706
-0.8%
Resource 10
62,982
-0.5%
Industrial 25
97,465
-1.0%
Financial 15
15,383
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE