Mexikostad – Owerhede het Donderdag op 14 lyke in 'n voertuig buite die noordelike Mexikaanse stad San Luis Potosi afgekom, het die staatsaanklaer se kantoor gesê.
"Op grond van die aanvanklike inligting, dui alles daarop dat dit 'n geval van georganiseerde misdaad is," het Gabriela Gonzalez, 'n woordvoerder vir die staatsaanklaer se kantoor, aan joernaliste gesê.
Sy het gesê die lyke is in 'n bussie naby 'n petrolstasie in die buitewyke van San Luis Potosi, hoofstad van die staat met dieselfde naam, gevind.
"Ons neem aan dat die slagoffers in die staat Coahuila ontvoer is," het sy gesê.
Die slagoffers is glo daarna na die staat Zacatecas geneem, waar hulle vermoor is, voordat hulle lyke in San Luis Potosi gelaat is.
Sy kon nie sê of die slagoffers doodgeskiet is, en of hulle op 'n ander manier omgekom het nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa - AFP