Miranshah, Pakistan – Vier militante is dood toe 'n Amerikaanse robotvliegtuig 'n bomaanval in Noord-Waziristan aan Pakistan se grens met Afganistan, uitgevoer het, het sekerheidsmagte Saterdag gesê.
Die aanval het by 'n huis naby Miranshah, hoofdorp van die Noord-Waziristan-distrik, plaasgevind.
Dié gebied is bekend as 'n vesting vir Taliban- en Al-Kaïda-militante, het hulle gesê.
Volg
Nuus24 op Twitter.
Sapa - AFP