Nuus24

Monnike in hospitaal ná bye op hulle toesak

2012-06-24 12:27
Bangkok – Tientalle monnike is in die hospitaal opgeneem nadat ‘n swerm bye hulle in die noorde van Thailand aangeval het.

Luidens die BBC was die monnike Saterdag besig om die Chedi Luang-tempel in Chiang Mai skoon te maak toe die bye op hulle toegesak het.

The Bangkok Post berig meer as 70 monnike is opgeneem.

‘n Dokter het aan die koerant gesê 19 van die monnike is in ‘n ernstige toestand.

Volg Nuus24 op Twitter  
Lees meer oor:    thailand monnike bye
«Terug