Nuus24

Ondersoek oor kernramp kap Japannese regering

2012-07-23 16:30
Tokio – ‘n Paneel wat deur die regering aangestel is om Japan se kernramp te ondersoek sê die operateur van die kernkragsentrale is besig om die ondersoek te sloer en wil nie die werklike skade wat die sentrale gely het, bekend maak nie.

‘n Verslag, wat Maandag deur die paneel vrygestel is, sê ‘n kultuur van gemak oor kernveiligheid en swak rampbestuur het die kernramp vererger. Drie kernreaktors is verlede jaar by die Fukushima Dai-ichi-kernkragsentrale beskadig ná die massiewe aardbewing en tsoenami in Japan.

Die verslag blameer die regering en sy hoofkernreguleerder vir die bevordering van kernkrag as ‘n veilige vorm van energie sonder om oopkaarte met die publiek te speel oor die gevare wat so ‘n kragsentrale inhou.

Dié 450-bladsy verslag deur die 10-man paneel sluit die ondersoek oor die ergste kernramp sedert die Tsjernobil-ramp.

– Volg Nuus24 op Twitter
  AP
Lees meer oor:    fukushima  |  japan  |  kernkragkrisis
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)