Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Paartjie vas ná koplose bolywe gevind is

2012-06-18 23:03
Parys – 'n Paartjie word deur die Franse polisie ondervra nadat twee koplose bolywe by 'n gewilde piekniekplek in die ooste van Parys gevind is, het polisiebronne gesê.

Die paartjie het hulself aan die polisie oorhandig nadat die lyk van 'n vrou Vrydag in 'n woud in Vincennes gevind is. 

Hulle het die polisie Sondag glo na 'n tweede lyk gelei, dié van 'n man.

Die paartjie het erken dat hulle twee ander mense doodgemaak het ná ‘n argument oor die dood van die ander paartjie se kind wat in hul sorg was, het die bronne gesê.

Die polisie is van die saak in kennis gestel nadat drawwers 'n ontbinde menslike been, met die voet wat afgesny is, vroeër vandeesmaand gevind het.

'n Gidshond het Saterdag die vrou se oorskot gevind, met die kop en bene wat vermis is, het die bronne gesê.

Die paartjie, wat oorspronklik van Asië is, is tans in polisie-aanhouding.

BBC.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    parys  |  moord  |  kan jy glo?
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)