Nuus24

Pakistan: Sewe sterf in mynongeluk

2012-12-24 15:30
Peshawar, Pakistan – Sewe mynwerkers is dood nadat die dak van 'n steenkoolmyn in 'n streek noordwes van Pakistan ineengestort het, het beamptes Maandag gesê.

Die ongeluk het Sondagaand in die Dowli-omgewing van Orakzai gebeur.

Khushal Khan, 'n senior administratiewe beampte, het aan AFP gesê die lyke van die sewe mynwerkers is gevind en na hul tuisdorp van Shangla geneem.

Twee ander plaaslike beamptes het die voorval bevestig.

– Volg Nuus24 op Twitter.
       
Sapa - AFP
Lees meer oor:    mynongelukke sterftes
«Terug