Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Pussy Riot sit 2 jaar agter tralies

2012-08-17 22:56
Moskou – ‘n Regter het drie lede van die punk-groep Pussy Riot tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle van rampokkery skuldig bevind is.

Regter Marina Syrova het gesê die vroue se optrede het die "openbare orde ondermyn".

Die lede van die Russiese groep is skuldig bevind aan rampokkery nadat hulle ‘n lied in teenstand teen pres. Vladimir Putin in 'n katedraal gesing het.

Die vroue het gesê hul lied was 'n politieke daad van protes teen die leier van die Russiese Ortodokse Kerk se ondersteuning van die land se president.

Maria Alyokhina (24), Nadezhda Tolokonnikova (22) en Yekaterina Samutsevich (29) is op 21 Februarie saam met ander lede van Pussy Riot in hegtenis geneem nadat hulle by Rusland se hoof-katedraal, Church of Christ the Saviour, ingebars en ‘n lied vol vloekwoorde begin sing het.

Volg Nuus24 op Twitter 
AP
Lees meer oor:    vladimir putin  |  pussy riot
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)