Singapoer – ‘n Reeksverkragter wat sy slagoffers op ‘n Facebook-program ontmoet het, kan een van die swaarste tronkstrawwe opgelê word waarvoor aanklaers in Singapoer nog ooit gevra het, het ‘n koerant Dinsdag berig.
Aanklaers vra vir ‘n tronkstraf van 45 jaar vir Azuar Ahamad (41) wat Maandag skuldig gepleit het dat hy drie vroue verkrag en ‘n vierde een seksueel aangerand het. Dertig ander aanklagte sal oorweeg word wanneer hy gevonnis word, het die
Straits Times berig.
Die voormalige hoof van ‘n logistieke maatskappy is vasgetrek nadat die polisie uitgevind het hy het homself met sy selfoon afgeneem terwyl hy ‘n rits seksuele misdade gepleeg het.
Azuar het go altesaam 22 vroue, wat tussen die ouderdomme van 18 en 41 was, aangeval. Hy het hulle oor ‘n tydperk van 14 maande ontmoet deur gebruik te maak van die SpeedDate-program.
Hy het gereël om sy slagoffers by verskillende plekke te ontmoet, waar hy kalmeermiddels in hul drankies gegooi het voordat hy hulle na hotelle geneem het, het aanklaers aan die hof gesê.
Polisiespeurders het ‘n paar van die vroue opgespoor omdat hul nommers op sy selfoon gestoor was. Dieselfde selfoon was gebruik om sy dade af te neem, het die koerant berig.
Van die roue was onbewus van die feit dat hulle geskend was totdat die polisie hulle gekontak het.
Azuar se vonnisoplegging is uitgestel omdat hy ontken hy het sy slagoffers bedwelm. Hy beweer hulle het hulself dronk gedrink, het die koerant berig.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AFP